Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 7:7-13 Bybel vir Almal (ABA)

7. Jy staan so regop soos ’n palmboom,en jou borste is soos trosse dadels.

8. Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom,ek wil sy trosse dadels pluk.Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe,jou neus moet ruik soos appels,

9. jou mond moet smaak soos goeie wyn.”Sy sê: “Dit is soos wyn wat vloei na die manvir wie ek lief is,wyn wat saggies vloei oor die lippevan mense wat slaap!

10. Ek behoort aan die man vir wie ek lief is,en hy verlang na my.”

11. Sy sê: “Kom, man vir wie ek lief is,kom ons gaan uit die stad,kom ons gaan slaap in die dorpies.

12. Kom ons gaan vroeg na die wingerde,kom ons gaan kyk of die wingerdstokkenuwe blare kry,kom ons gaan kyk of die blomme oopgegaan heten of die granaatbome blom.Daar sal ek vir jou wys hoe lief ek vir jou is.”

13. Sy sê: “Die liefdes-appels ruik baie lekker,daar is baie lekker vrugte voor ons deur,nuwe en ou vrugte.Man vir wie ek lief is, ek het dit vir jou gebêre.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 7