Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 7:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. Jou kop is soos die Karmel-berg,jou hare is soos die klere wat konings dra,die koning hou aan om daarna te kyk.

6. My liefste, jy is baie mooi, baie pragtig.Jy het baie dinge wat ek kan geniet.

7. Jy staan so regop soos ’n palmboom,en jou borste is soos trosse dadels.

8. Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom,ek wil sy trosse dadels pluk.Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe,jou neus moet ruik soos appels,

9. jou mond moet smaak soos goeie wyn.”Sy sê: “Dit is soos wyn wat vloei na die manvir wie ek lief is,wyn wat saggies vloei oor die lippevan mense wat slaap!

Lees volledige hoofstuk Hooglied 7