Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 1:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Serubbabel en Jesua gepraat. Hy het die profeet Haggai gestuur om vir hulle ’n boodskap te bring. Dit was op die eerste dag van die sesde maand in die tweede jaar nadat Darius koning geword het. Serubbabel was die goewerneur van Juda en hy was die seun van Sealtiël. Jesua was die hoëpriester en hy was die seun van Josadak.

2. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Hierdie mense sê dit is nog nie die regte tyd om die tempel van die Here weer te bou nie.”

3. Die Here het vir Haggai gestuur om vir hulle ’n boodskap te bring:Die Here het gesê:

4. “Is dit reg dat julle in julle pragtige huise woon, die huise wat julle met hout mooi gemaak het? Kyk, my tempel staan nie meer nie, dit is net ’n hoop klippe.”

5. En nou sê die Here wat oor alles regeer:“Dink oor alles wat met julle gebeur het:

6. Julle het baie koring gesaai,maar julle het min koring afgesny.Julle het geëet,maar julle was nog honger.Julle het gedrink,maar julle was nog dors.Julle het klere aangetrek,maar julle het nog koud gekry.Julle het hard gewerkvir ander mense,maar julle het nie geld nie.”

7. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Dink oor wat met julle gebeur het

Lees volledige hoofstuk Haggai 1