Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 1:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met Serubbabel en Jesua gepraat. Hy het die profeet Haggai gestuur om vir hulle ’n boodskap te bring. Dit was op die eerste dag van die sesde maand in die tweede jaar nadat Darius koning geword het. Serubbabel was die goewerneur van Juda en hy was die seun van Sealtiël. Jesua was die hoëpriester en hy was die seun van Josadak.

2. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Hierdie mense sê dit is nog nie die regte tyd om die tempel van die Here weer te bou nie.”

Lees volledige hoofstuk Haggai 1