Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2:3-14 Bybel vir Almal (ABA)

3. Ek sal vir jou iets wys.Dit sal kom op die regte tyd.Dit sal gebeur, dit is seker.As dit nie gou gebeur nie,dan moet jy wag,want dit sál gebeur.

4. Hoogmoedige mense sal nie krywat hulle wil hê nie,maar mense wat reg lewe,sal aanhou leweomdat hulle gehoorsaam is aan My.”

5. Wanneer mense te veel wyn drink,dan is hulle nooit tevrede nie.Hulle dink hulle kan doenwat hulle wil.Die Galdeërs is ook so.Hulle is soos die doderyk.Hulle maak mense dood,maar hulle is nooit tevrede nie,hulle hou aan om mensedood te maak.Hulle maak al die volkevir hulleself bymekaarsoos die dood dooie mensebymekaarmaak.

6. Maar die volke sal eendagspot met die Galdeërs.Die volke sal vir mekaar sê:“Dit sal sleg gaan met mensewat hulleself ryk maaken wat goed vatwat aan ander mense behoort.”Dit sal nie meer lank wees nie,

7. dan sal julle Galdeërs se vyandeskielik kom.Die mense vir wie julle bang is,sal julle goed kom vat.

8. Julle het baie volke se goed gevat.Nou sal die volke wat oorgebly het,julle goed kom vat.Julle het baie mense vermoor,julle het oorlog gemaakteen al die mensewat in stede gewoon het.

9. Dit sal sleg gaan met mensewat ander mense se goed vaten hulleself ryk maak,mense wat vir hulleself huise bouteen hoë bergesodat hulle veilig daar kan woon.

10. Julle het planne gemaakom ander mense te laat sterf,baie mense.Nou sal julle ook sterf.

11. Want die klippe en die houtin julle huise het gesienwat julle gedoen het,hulle sal skree en vertelwat hulle gesien het.

12. Dit sal sleg gaan met mensewat stede wil bou vir hulleself.Wanneer hulle dit gedoen het,dan vermoor hulle mense,hulle doen slegte dinge aan mense.

13. Die Here regeer oor alles.Hy laat volke hard werk.Hulle werk en hulle kry baie goed,maar die Here laat dit verbrand.Hy laat volke werk totdat hullemoeg is, maar hulle kry niks.

14. Die see is vol water.So sal die aardevol mense weeswat die Here ken.Hulle sal weet dat Hy God isen dat Hy oor alles regeer.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 2