Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek sal bo-op die muur gaan staansodat ek ver kan sien.Miskien sien ek wat die Herevir my wil sê.Miskien antwoord Hy my vrae.

2. Die Here het geantwoord. Hy het vir Habakuk gesê:“Ek sal vir jou iets wys,en jy moet dit groot skryfop plat klippe,sodat almal wat daar verby hardloop,dit kan lees.

3. Ek sal vir jou iets wys.Dit sal kom op die regte tyd.Dit sal gebeur, dit is seker.As dit nie gou gebeur nie,dan moet jy wag,want dit sál gebeur.

4. Hoogmoedige mense sal nie krywat hulle wil hê nie,maar mense wat reg lewe,sal aanhou leweomdat hulle gehoorsaam is aan My.”

5. Wanneer mense te veel wyn drink,dan is hulle nooit tevrede nie.Hulle dink hulle kan doenwat hulle wil.Die Galdeërs is ook so.Hulle is soos die doderyk.Hulle maak mense dood,maar hulle is nooit tevrede nie,hulle hou aan om mensedood te maak.Hulle maak al die volkevir hulleself bymekaarsoos die dood dooie mensebymekaarmaak.

6. Maar die volke sal eendagspot met die Galdeërs.Die volke sal vir mekaar sê:“Dit sal sleg gaan met mensewat hulleself ryk maaken wat goed vatwat aan ander mense behoort.”Dit sal nie meer lank wees nie,

7. dan sal julle Galdeërs se vyandeskielik kom.Die mense vir wie julle bang is,sal julle goed kom vat.

8. Julle het baie volke se goed gevat.Nou sal die volke wat oorgebly het,julle goed kom vat.Julle het baie mense vermoor,julle het oorlog gemaakteen al die mensewat in stede gewoon het.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 2