Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:5-16 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die water het nog minder en minder geword, en op die eerste dag van die tiende maand kon die mense in die ark die boonste punte van die berge sien.

6. Ná nog 40 dae het Noag die venster oopgemaak van die ark wat hy gebou het.

7. Hy het ’n kraai laat uitvlieg. Maar die kraai het aangehou vlieg totdat die water opgedroog het.

8. Toe het Noag ’n duif laat uitvlieg om uit te vind of die water weggevloei het van die grond af.

9. Die duif het nie ’n plek gekry waar hy kon gaan sit nie, en hy het teruggekom na die ark, na Noag toe. Die water was nog oor die aarde. Toe die duif terugkom, het Noag sy hand uitgesteek en hy het die duif gevang. Hy het die duif weer in die ark ingebring.

10. Noag het nog sewe dae gewag. Hy het die duif toe weer laat uitvlieg.

11. Daardie aand het die duif na hom toe teruggekom, en daar was ’n vars olyfblaar in sy bek. Noag het toe geweet die water het baie minder geword.

12. Hy het nog sewe dae gewag. Toe het hy weer die duif laat uitgaan, maar die duif het nie na hom toe teruggekom nie.

13. Toe Noag 601 jaar oud was, op die eerste dag van die eerste maand, was die water weg. Noag het die ark oopgemaak en gesien die grond het begin droog word.

14. Op die sewe-en-twintigste dag van die tweede maand was die aarde droog.

15. Toe sê God vir Noag:

16. “Jy en jou vrou en jou seuns en jou skoondogters moet nou uit die ark uitgaan.

Lees volledige hoofstuk Genesis 8