Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 48:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Josef het vir sy pa gesê: “Nee, Pa. Manasse is die oudste, sit jou regter-hand op sý kop.”

19. Maar sy pa het geweier, hy het gesê: “Ek weet, my seun. Manasse sal ook ’n groot nageslag hê en hulle sal ’n groot volk word. Maar sy jonger broer sal ’n groter nageslag as hy hê. Efraim se nageslag sal ’n groot, sterk volk word.”

20. Jakob het Josef se twee seuns daardie dag geseën en gesê: “Dit sal baie goed gaan met julle. Wanneer die mense van Israel vir mekaar wil sê hulle hoop dit sal goed gaan, dan sal hulle julle name gebruik en sê: ‘Ek bid dat God dit met jou so goed sal laat gaan soos met Efraim en Manasse.’ ”So het Jakob vir Efraim belangriker gemaak as vir Manasse.

21. Jakob het vir Josef gesê: “Ek sal nou sterf, maar God sal by julle wees en Hy sal julle terugbring na die land van julle voorvaders.

22. Ek gee nou vir jou meer as vir jou broers. Ek gee Sigem vir jou. Ek het daardie stad self gevat van die Amoriete met my swaard en my pyl en boog.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 48