Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 47:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Josef het na die farao toe gegaan en vir hom gesê: “My pa en my broers het van Kanaän gekom en hulle is nou in Gosen. Hulle het hulle diere en alles wat hulle het, saamgebring.”

2. Josef het vyf van sy broers saamgeneem na die farao toe.

3. Die farao het vir hulle gevra: “Watter soort werk doen julle?”Hulle het geantwoord: “Ons is veeboere, ons en ons voorvaders voor ons.”

4. Hulle het ook vir die farao gesê: “Mag ons vreemdelinge word in jou land? Want in Kanaän is daar nie meer gras vir ons skape en bokke nie. Daar is baie min kos. Mag ons asseblief in Gosen woon?”

5. Die farao het vir Josef gesê: “Jou pa en jou broers het na jou toe gekom.

6. Hulle mag enige plek in Egipte woon. Kies die beste deel van die land vir jou pa en jou broers. Hulle mag in Gosen woon. As hulle goeie skaapwagters is, dan moet jy vir hulle sê om my skape ook op te pas.”

7. Josef het sy pa gebring om die farao te ontmoet. Jakob het die farao gegroet en gesê hy hoop dit sal goed gaan met die farao.

8. Die farao vra toe vir Jakob: “Hoe oud is jy?”

9. Jakob het vir die farao gesê: “Ek is 130 jaar oud. Die Here het gesê dit is hoeveel jaar ek hier op die aarde mag woon. My voorvaders het ouer geword, maar ek het baie swaar gekry.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 47