Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 46:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Toe sê God: “Ek is God, die God van jou pa Isak. Gaan na die land Egipte en moenie bang wees nie. Ek sal jou nageslag in Egipte baie maak. Hulle sal ’n groot volk word.

4. Ek sal saam met jou gaan na Egipte en Ek sal jou ook later weer laat terugkom hiernatoe. Wanneer jy sterf, sal Josef jou oë toemaak.”

5. Jakob het toe weggegaan uit Berseba. Sy seuns het hulle pa en hulle kinders en hulle vroue op die waens laat ry wat die farao vir hulle gestuur het.

6. Hulle het hulle diere saamgeneem en al die goed wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het. Jakob en sy hele nageslag saam met hom het na Egipte gegaan en hulle het daar aangekom.

7. Jakob het sy hele familie saamgeneem na Egipte: sy seuns, sy kleinseuns, sy dogters en sy kleindogters.

Lees volledige hoofstuk Genesis 46