Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:8-14 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ons het die geld wat ons bo in ons sakke gekry het, vir jou teruggebring uit Kanaän. Ons sal nooit silwer of goud uit jou meneer se huis steel nie.

9. As jy die beker by een van ons kry, dan mag jy hom doodmaak, en dan word ons almal jou slawe.”

10. Die bestuurder sê toe: “Goed, ons sal maak soos julle sê. Maar net die een by wie ek die beker kry, sal my slaaf word, julle ander mag gaan.”

11. Elkeen sit toe gou sy sak op die grond neer en maak dit oop.

12. Die bestuurder het in die sakke gesoek. Hy het by die oudste broer begin en by die jongste opgehou. Hy kry toe die beker in Benjamin se sak.

13. Die broers het hulle klere geskeur omdat hulle hartseer en ontsteld was. Hulle het weer hulle goed op die donkies gelaai en teruggegaan na die stad.

14. Toe Juda en sy broers by Josef se huis aankom, was Josef nog daar. Hulle het voor hom gaan lê met hulle gesigte teen die grond.

Lees volledige hoofstuk Genesis 44