Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:26-34 Bybel vir Almal (ABA)

26. en toe het ons gesê ons kan nie gaan as ons jongste broer nie saam met ons gaan nie. As ons gaan en ons jongste broer is nie by ons nie, dan mag ons jou nie sien nie.

27. Ons pa het vir ons gesê: ‘Julle weet dat ek net twee kinders by hierdie vrou gehad het.

28. Die een kind het weggegaan van my, en ek dink ’n wilde dier het hom opgevreet. Ek het hom nog nie weer gesien nie, tot vandag toe nie.

29. Ek is ’n ou man. As julle ook hierdie seun wegvat van my, en daar gebeur iets met hom, dan sal ek, ’n ou man, sterf van hartseer.’

30. As ek nou by my pa kom en die seun vir wie hy so lief is, is nie by ons nie, wat sal gebeur?

31. My pa sal sterf as hy sien die seun is nie daar nie. Dan sal dit ons skuld wees as ons pa wat al ’n ou man is, sterf van hartseer.

32. Ek het vir my pa belowe dat ek die seun goed sal oppas. Ek het gesê as hy nie terugkom na my pa toe nie, dan sal dit vir altyd my skuld wees.

33. Meneer moet my asseblief hier in die seun se plek laat bly. Ek sal Meneer se slaaf wees, maar Meneer moet die seun saam met sy ander broers laat teruggaan.

34. Ek kan nie na my pa toe gaan as die seun nie by my is nie. Ek wil nie sien hoe ongelukkig my pa dan sal wees nie.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 44