Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 44:22-29 Bybel vir Almal (ABA)

22. Ons het vir Meneer gesê die seun kan nie weggaan van sy pa nie. As hy weggaan, dan sal sy pa sterf.

23. Maar Meneer het vir ons gesê as ons nie ons jongste broer saambring nie, dan mag ons nie weer vir Meneer sien nie.

24. Ons het toe by ons pa gekom en ons het vir hom gesê wat Meneer gesê het.

25. “Eendag het ons pa vir ons gesê ons moet weer gaan kos koop,

26. en toe het ons gesê ons kan nie gaan as ons jongste broer nie saam met ons gaan nie. As ons gaan en ons jongste broer is nie by ons nie, dan mag ons jou nie sien nie.

27. Ons pa het vir ons gesê: ‘Julle weet dat ek net twee kinders by hierdie vrou gehad het.

28. Die een kind het weggegaan van my, en ek dink ’n wilde dier het hom opgevreet. Ek het hom nog nie weer gesien nie, tot vandag toe nie.

29. Ek is ’n ou man. As julle ook hierdie seun wegvat van my, en daar gebeur iets met hom, dan sal ek, ’n ou man, sterf van hartseer.’

Lees volledige hoofstuk Genesis 44