Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 43:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daar was nie kos in Kanaän nie.

2. Die koring wat Jakob se seuns in Egipte gaan koop het, het ook alles opgeraak. Hulle pa het vir hulle gesê: “Julle moet teruggaan en julle moet kos vir ons gaan koop.”

3. Juda sê toe vir hom: “Die man het baie duidelik vir ons gewaarsku en gesê: ‘Julle mag nie weer hier kom as julle broer nie saam met julle kom nie.’

4. As Pa vir Benjamin saam met ons laat gaan, dan sal ons na Egipte gaan en vir Pa kos gaan koop.

5. Maar as Pa hom nie laat saamgaan nie, dan sal ons nie gaan nie, want die man het vir ons gesê ons mag nie terugkom as ons broer nie by ons is nie.”

6. Toe vra Jakob: “Hoekom het julle vir my hierdie probleme gemaak? Hoekom het julle vir die man vertel dat julle nog ’n broer het?”

Lees volledige hoofstuk Genesis 43