Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 42:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jakob het gehoor daar is koring in Egipte, en hy het vir sy seuns gesê: “Hoekom kyk julle vir mekaar?

2. Ek het gehoor daar is koring in Egipte. Julle moet daarnatoe gaan en julle moet koring vir ons gaan koop sodat ons kos kan hê om te eet en nie sterf van die honger nie.”

3. Tien van Josef se broers het toe na Egipte gegaan om koring te gaan koop.

4. Jakob het nie vir Benjamin saam met sy broers laat gaan nie. Hy was bang daar gebeur miskien iets met Benjamin. Benjamin en Josef was seuns van dieselfde ma.

Lees volledige hoofstuk Genesis 42