Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 34:9-19 Bybel vir Almal (ABA)

9. As julle nou julle dogters vir ons gee, dan sal ons ook ons dogters vir julle gee sodat julle met hulle kan trou.

10. Julle moet altyd hier by ons woon. Die land is oop voor julle. Julle mag rondtrek in die land en julle mag woon waar julle wil.”

11. Sigem het vir Dina se pa en haar broers gesê: “Ek wil een van julle familie word. Ek sal vir julle alles gee wat julle vir my vra.

12. Julle mag sê hoeveel ek moet betaal om haar te kry, dit maak nie saak as dit baie is nie. Sê ook vir my watter ander presente ek vir julle moet gee. Maar gee Dina asseblief vir my sodat ek met haar kan trou.”

13. Jakob se seuns het vir Sigem en sy pa Gamor geantwoord, maar hulle was vals, want hulle wou iets doen omdat Sigem hulle suster Dina verkrag het.

14. Hulle sê toe: “Ons mag nie ons suster gee vir ’n man wat nie besny is nie. Dit sal ’n skande wees.

15. Ons sal net inwillig en ja sê as julle soos ons word, julle moet al julle mans en seuns laat besny.

16. Dan sal ons ook ons dogters vir julle seuns gee en ons sal julle dogters vir ons seuns neem sodat hulle kan trou. Ons sal dan by julle woon en ons sal een volk word.

17. Maar as julle nie na ons luister en julle laat besny nie, dan sal ons ons suster vat en weggaan.”

18. Gamor en sy seun Sigem was tevrede met Jakob en sy seuns se antwoord.

19. Sigem was haastig om te doen wat hulle gevra het, want hy was baie lief vir Jakob se dogter. Hy was die belangrikste man in sy pa se familie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 34