Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 34:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. Sigem het vir sy pa Gamor gesê: “Sê vir hierdie meisie se ouers dat ek met haar wil trou, ek wil haar hê.”

5. Jakob het gehoor dat Sigem sy dogter Dina verkrag het. Sy seuns was in die veld by die diere, en Jakob het stilgebly totdat hulle teruggekom het.

6. Sigem se pa Gamor het na Jakob toe gekom om met hom te praat.

7. Toe Jakob se seuns uit die veld kom, het hulle gehoor wat gebeur het. Hulle was geskok en baie kwaad omdat Sigem so ’n baie verkeerde ding gedoen het toe hy seks gehad het met Jakob se dogter. In Israel was dit baie verkeerd om so iets te doen.

8. Gamor het vir hulle gesê: “My seun Sigem is verlief op julle dogter. Gee haar asseblief vir my seun sodat hy met haar kan trou.

9. As julle nou julle dogters vir ons gee, dan sal ons ook ons dogters vir julle gee sodat julle met hulle kan trou.

10. Julle moet altyd hier by ons woon. Die land is oop voor julle. Julle mag rondtrek in die land en julle mag woon waar julle wil.”

11. Sigem het vir Dina se pa en haar broers gesê: “Ek wil een van julle familie word. Ek sal vir julle alles gee wat julle vir my vra.

12. Julle mag sê hoeveel ek moet betaal om haar te kry, dit maak nie saak as dit baie is nie. Sê ook vir my watter ander presente ek vir julle moet gee. Maar gee Dina asseblief vir my sodat ek met haar kan trou.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 34