Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 27:6-15 Bybel vir Almal (ABA)

6. sê Rebekka vir haar seun Jakob: “Ek het gehoor jou pa praat met jou broer. Hy het vir Esau gesê

7. dat hy ’n bok moet gaan skiet en dat hy dit vir hom moet gaarmaak. Jou pa wil dit eet en dan wil hy vir Esau seën voordat hy sterf.

8. My seun, luister nou mooi na my en doen wat ek vir jou sê.

9. Gaan vang gou twee mooi bok-lammers. Ek sal hulle gaarmaak soos jou pa daarvan hou.

10. Dan bring jy dit vir jou pa sodat hy dit kan eet en sodat hy jou kan seën voordat hy sterf.”

11. Jakob sê toe vir Rebekka: “Maar Esau se vel is vol hare en my vel is glad.

12. Miskien voel Pa aan my, en dan dink hy dat ek met hom wil spot. Dan sal hy my vervloek en my nie seën nie.”

13. Toe sê sy ma vir hom: “My seun, as jou pa jou vervloek, dan sal die straf op my kom. Jy moet luister na my. Gaan vang vir my die twee bokkies.”

14. Jakob het gegaan en hy het die bokkies gevang en vir sy ma gebring. Sy het hulle gaargemaak soos sy pa daarvan hou.

15. Toe neem Rebekka haar oudste seun Esau se klere wat by haar in die tent was, en sy trek dit vir haar jongste seun aan.

Lees volledige hoofstuk Genesis 27