Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 24:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Abraham was al baie oud. Die Here het Abraham baie ryk gemaak.

2. Abraham het vir sy hoofslaaf, die slaaf wat al sy goed opgepas het, gesê: “Sit asseblief jou hand onder my heup

3. en belowe voor die Here, die God van die hemel en die aarde. Belowe dat jy nie my seun sal laat trou met ’n dogter van die Kanaäniete tussen wie ek woon nie.

4. Belowe dat jy na my eie land en my familie sal gaan en dat jy daar vir my seun Isak ’n vrou sal gaan haal.”

5. Toe sê die slaaf vir Abraham: “Maar miskien sal die vrou nie saam met my na hierdie land wil kom nie. Moet ek dan jou seun laat teruggaan na Mesopotamië, die land van waar jy kom?”

6. Abraham het vir die slaaf gesê: “Jy moet nooit my seun na daardie land laat teruggaan nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 24