Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 23:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Sara het 127 jaar oud geword.

2. Sy het gesterf in die stad Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän. Abraham het oor Sara gehuil en gerou.

3. Daarna het Abraham opgestaan en weggegaan van sy vrou se lyk. Hy het met die Hetiete gaan praat en vir hulle gesê:

4. “Ek is ’n vreemdeling, ek woon nie altyd hier by julle nie. Ek wil asseblief by julle ’n stuk grond hê wat my eie kan wees, sodat ek my vrou daar kan begrawe.”

5. Die Hetiete het vir Abraham gesê:

6. “Luister na ons, Meneer. Jy is een van ons belangrike leiers. Begrawe jou vrou in die beste graf wat ons het. Nie een van ons sal weier as jy jou vrou in sy graf wil begrawe nie.”

7. Toe kom Abraham en hy buig voor die land se mense, die Hetiete.

8. Hy sê toe vir hulle: “As julle my sal toelaat om my vrou hier te begrawe, luister dan na my en praat met Efron, die seun van Sogar.

9. Vra vir hom of hy die Makpela-grot aan my sal verkoop. Die grot behoort aan hom, dit is op sy grond naby die kant. Ek sal vir hom betaal wat hy wil hê, sodat die graf aan my kan behoort. Julle moet almal daar wees wanneer hy dit aan my verkoop.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 23