Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Op die sewende dag was al die werk wat God gedoen het, klaar. Hy het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie.

3. God het die sewende dag geseën. Hy het dit ’n gewyde dag gemaak, want op daardie dag het Hy gerus nadat Hy al sy werk klaar gedoen het.

4. Dit is hoe die hemel en die aarde begin het toe God dit gemaak het.Toe die Here God die hemel en die aarde gemaak het,

5. was daar nog nie plante in die veld op die aarde nie. Daar het nog nie plante gegroei nie, want die Here God het nog nie reën op die aarde laat val nie. Daar was ook nog nie ’n mens wat in die grond kon werk nie.

6. Daar het water uit die aarde opgekom en die water het die grond natgemaak.

7. Toe het die Here God stof geneem uit die grond en Hy het van die stof ’n mens gemaak.Die Here God het asem in die mens se neus geblaas, en die mens het begin lewe.

8. Die Here God het bome geplant in ’n tuin in Eden in die ooste. Hy het die mens wat Hy gemaak het, daar laat woon.

9. Die Here God het verskillende soorte bome uit die grond laat groei. Dit was mooi bome wat lekker vrugte gedra het. In die middel van die tuin was die boom wat lewe gee, en ook die boom wat vir mense die kennis kan gee sodat hulle sal weet wat goed is en wat sleg is.

10. Daar het ’n rivier uit Eden gekom om die tuin nat te maak. Die rivier het verdeel en dit het vier riviere geword.

11. Die naam van die een rivier was Pison. Hierdie rivier het om die hele Gawila-land gevloei. Daar was goud

Lees volledige hoofstuk Genesis 2