Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 19:29-38 Bybel vir Almal (ABA)

29. Toe God die stede in die suide van die Jordaan-vallei verwoes het, het Hy aan Abraham gedink en Hy het vir Lot laat uitgaan uit die stede wat Hy verwoes het. Dit was die stede waar Lot gewoon het.

30. Lot het weggegaan uit Soar en hy het in die berge in ’n grot gaan woon, want hy was bang om in Soar te woon. Sy twee dogters het saam met hom gegaan.

31. Die oudste dogter sê toe vir die jongste dogter: “Ons pa is oud en ons sal nie hier mans kan kry nie.

32. Kom ons gee vir Pa wyn om te drink en dan slaap ons by hom, sodat ons kinders kan kry van hom.”

33. Daardie nag het hulle toe vir hulle pa wyn gegee om te drink, en die oudste dogter het by hom gaan slaap. Lot het nie geweet dat sy by hom kom slaap het en weer opgestaan het nie.

34. Die volgende oggend het die oudste dogter vir die jongste dogter gesê: “Ek het gisteraand by Pa geslaap. Kom ons gee hom vannag weer wyn en dan gaan slaap jy by hom. So sal ons pa ’n nageslag hê.”

35. Hulle gee toe daardie nag weer vir hulle pa wyn, en die jongste dogter het by hom gaan slaap. Hy het nie geweet dat sy by hom kom slaap het en opgestaan het nie.

36. Lot se twee dogters het toe swanger geword en hulle het hulle pa se kinders gekry.

37. Die oudste dogter het ’n seun gekry en sy het hom Moab genoem. Hy is die voorvader van die Moabiete.

38. Die jongste dogter het ook ’n seun gekry en sy het hom Ben-Ammi genoem. Hy is die voorvader van die Ammoniete.

Lees volledige hoofstuk Genesis 19