Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:24-33 Bybel vir Almal (ABA)

24. Miskien is daar 50 goeie mense in die stad. Sal U hulle ook doodmaak en die hele stad straf as daar 50 goeie mense in die stad is?

25. Sal U die goeie mense saam met die slegte mense doodmaak? U sal nie dieselfde doen met goeie mense en met slegte mense nie. U sal dit nooit doen nie. U, die Regter van die hele aarde, sal reg oordeel.”

26. Toe sê die Here: “As Ek in Sodom 50 goeie mense kry, dan sal Ek al die mense in die stad se sonde vergewe.”

27. Toe sê Abraham weer: “Ek is ’n mens wat van stof en as gemaak is. Ek was bang, maar ek hét met die Here gepraat.

28. Miskien is daar vyf minder as 50 goeie mense. Sal U die hele stad verwoes oor vyf mense?”Toe sê die Here: “Ek sal dit nie verwoes nie as Ek daar 45 goeie mense kry.”

29. Abraham het nog ’n maal met die Here gepraat en gesê: “Miskien is daar 40 goeie mense.”En die Here het gesê: “As daar 40 is, dan sal Ek dit nie doen nie.”

30. Toe sê Abraham: “Asseblief, Here, moenie kwaad word as ek praat nie. Miskien is daar 30 goeie mense.”Die Here het geantwoord: “Ek sal dit nie doen nie as Ek daar 30 goeie mense kry.”

31. Toe sê Abraham: “Ek was bang, maar ek hét met die Here gepraat. Miskien is daar 20 goeie mense.”En die Here sê: “Ek sal die stad nie verwoes nie as daar 20 goeie mense is.”

32. Toe sê Abraham: “Moet asseblief nie kwaad word as ek nog hierdie laaste maal praat nie. Miskien is daar tien goeie mense.”En die Here het gesê: “Ek sal die stad nie verwoes nie as daar tien goeie mense is.”

33. Toe die Here klaar met Abraham gepraat het, het Hy weggegaan. Abraham het teruggegaan na sy tent.

Lees volledige hoofstuk Genesis 18