Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:23-30 Bybel vir Almal (ABA)

23. Abraham kom toe nader en vra: “Sal U die goeie mense saam met die slegte mense straf?

24. Miskien is daar 50 goeie mense in die stad. Sal U hulle ook doodmaak en die hele stad straf as daar 50 goeie mense in die stad is?

25. Sal U die goeie mense saam met die slegte mense doodmaak? U sal nie dieselfde doen met goeie mense en met slegte mense nie. U sal dit nooit doen nie. U, die Regter van die hele aarde, sal reg oordeel.”

26. Toe sê die Here: “As Ek in Sodom 50 goeie mense kry, dan sal Ek al die mense in die stad se sonde vergewe.”

27. Toe sê Abraham weer: “Ek is ’n mens wat van stof en as gemaak is. Ek was bang, maar ek hét met die Here gepraat.

28. Miskien is daar vyf minder as 50 goeie mense. Sal U die hele stad verwoes oor vyf mense?”Toe sê die Here: “Ek sal dit nie verwoes nie as Ek daar 45 goeie mense kry.”

29. Abraham het nog ’n maal met die Here gepraat en gesê: “Miskien is daar 40 goeie mense.”En die Here het gesê: “As daar 40 is, dan sal Ek dit nie doen nie.”

30. Toe sê Abraham: “Asseblief, Here, moenie kwaad word as ek praat nie. Miskien is daar 30 goeie mense.”Die Here het geantwoord: “Ek sal dit nie doen nie as Ek daar 30 goeie mense kry.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 18