Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het aan Abraham verskyn by die bome van Mamre. Abraham het by sy tent se deur gesit. Dit was op die warmste tyd van die dag.

2. Toe hy opkyk, het hy drie mans voor hom gesien staan. Toe hy hulle sien, het hy na hulle toe gehardloop en laag gebuig voor hulle.

3. Hy het gesê: “Menere, julle sal my gelukkig maak as julle nie by my verbygaan nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 18