Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 17:24-27 Bybel vir Almal (ABA)

24. Abraham was 99 jaar oud toe hy besny is.

25. Sy seun Ismael was 13 jaar oud toe hy besny is.

26. Abraham en sy seun Ismael is op dieselfde dag besny.

27. Al die mans in sy huis is saam met hom besny, die slawe wat in sy huis gebore is en die slawe wat hy gekoop het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 17