Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 17:18-25 Bybel vir Almal (ABA)

18. Abraham sê toe vir God: “Ek bid dat U vir Ismael sal laat lewe.”

19. Maar God sê: “Nee, jou vrou Sara sal vir jou ’n kind kry, en jy moet hom Isak noem. Ek sal ook met hóm ’n verbond maak, en die verbond sal altyd aanhou, ook met sy nageslag.

20. Ek het gehoor wat jy oor Ismael vra. Ek sal hom seën en hy sal baie kinders hê. Hy sal die voorvader van twaalf leiers wees, en sy nageslag sal ’n groot volk word.

21. “Maar Ek maak my verbond met Isak, die seun wat Sara oor ’n jaar vir jou sal kry.”

22. Nadat God klaar met Abraham gepraat het, het Hy weggegaan.

23. Abraham het toe sy seun Ismael geneem en al die slawe wat in sy huis gebore is, en hy het hulle besny. Hy het ook al die slawe wat hy gekoop het, almal wat manlik is in sy huis, besny, presies soos God vir hom gesê het.

24. Abraham was 99 jaar oud toe hy besny is.

25. Sy seun Ismael was 13 jaar oud toe hy besny is.

Lees volledige hoofstuk Genesis 17