Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16:9-16 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die Engel van die Here sê toe vir haar: “Jy moet teruggaan na Sarai toe en gehoorsaam wees aan haar.

10. Ek sal jou nageslag baie groot maak. Hulle sal so baie wees dat niemand hulle sal kan tel nie.”

11. Die Engel van die Here het ook vir haar gesê:“Hagar, jy is swanger en jy sal’n seun kry.Jy moet hom Ismael noem,want die Here het gehoorjy kry swaar.

12. Jou seun sal soos’n wildedonkie wees.Hy sal teen almal wees,en almal sal teen hom wees.Hy sal nie by sy familie woon nie.”

13. Nadat die Here met Hagar gepraat het, het sy die Here aanbid. Sy het gesê: “U is die God wat my sien. Hier het ek ook die God gesien wat my gesien het.”

14. Daarom noem hulle die fontein Lagai-Roï-fontein. Die fontein is tussen die stede Kades en Bered.

15. Hagar het ’n seun gekry vir Abram. Abram het hom Ismael genoem.

16. Abram was 86 jaar oud toe Ismael gebore is.

Lees volledige hoofstuk Genesis 16