Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16:6-15 Bybel vir Almal (ABA)

6. Toe sê Abram vir Sarai: “Dit is jou slavin. Jy mag met haar doen wat jy dink is goed.”Sarai het toe slegte dinge gedoen aan haar slavin, so sleg dat die slavin weggeloop het.

7. Die Engel van die Here het die slavin by ’n fontein in die woestyn gekry. Die fontein was langs die pad na die stad Sur.

8. Die Engel vra toe vir haar: “Hagar, slavin van Sarai, van waar kom jy en waarnatoe gaan jy?”En Hagar antwoord: “Ek is Sarai se slavin en ek vlug weg van haar.”

9. Die Engel van die Here sê toe vir haar: “Jy moet teruggaan na Sarai toe en gehoorsaam wees aan haar.

10. Ek sal jou nageslag baie groot maak. Hulle sal so baie wees dat niemand hulle sal kan tel nie.”

11. Die Engel van die Here het ook vir haar gesê:“Hagar, jy is swanger en jy sal’n seun kry.Jy moet hom Ismael noem,want die Here het gehoorjy kry swaar.

12. Jou seun sal soos’n wildedonkie wees.Hy sal teen almal wees,en almal sal teen hom wees.Hy sal nie by sy familie woon nie.”

13. Nadat die Here met Hagar gepraat het, het sy die Here aanbid. Sy het gesê: “U is die God wat my sien. Hier het ek ook die God gesien wat my gesien het.”

14. Daarom noem hulle die fontein Lagai-Roï-fontein. Die fontein is tussen die stede Kades en Bered.

15. Hagar het ’n seun gekry vir Abram. Abram het hom Ismael genoem.

Lees volledige hoofstuk Genesis 16