Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Abram se vrou Sarai het nog nie vir hom ’n kind gekry nie. Sarai het ’n slavin uit Egipte gehad. Haar naam was Hagar.

2. Sarai het vir Abram gesê: “Die Here het my nie kinders laat kry nie. Gaan slaap by my slavin. Miskien kry sy ’n kind, en dan sal dit my kind wees.”Abram het geluister en gedoen wat Sarai gesê het.

3. Abram het toe al tien jaar in Kanaän gewoon. Sy vrou Sarai het haar Egiptiese slavin Hagar geneem en vir haar man Abram gegee sodat Hagar ook sy vrou kon wees.

4. Abram het seks gehad met Hagar, en sy het swanger geword. Toe Hagar sien sy is swanger, het sy gedink sy is beter as Sarai.

5. Toe sê Sarai vir Abram: “Dit is nie reg nie en dit is jou skuld. Ek het my slavin vir jou gegee, maar toe sy swanger word, het sy begin dink sy is beter as ek. Die Here moet sê wie is reg en wie is verkeerd, ek of jy.”

6. Toe sê Abram vir Sarai: “Dit is jou slavin. Jy mag met haar doen wat jy dink is goed.”Sarai het toe slegte dinge gedoen aan haar slavin, so sleg dat die slavin weggeloop het.

7. Die Engel van die Here het die slavin by ’n fontein in die woestyn gekry. Die fontein was langs die pad na die stad Sur.

Lees volledige hoofstuk Genesis 16