Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 10:22-32 Bybel vir Almal (ABA)

22. Sem se nageslag was die mense van die lande Elam, Assirië, Arpaksad, Lud en Aram.

23. Aram se nageslag was die mense van die lande Us, Gul, Geter en Mas.

24. Arpaksad was die pa van Selag, en Selag was die pa van Heber.

25. Heber het twee seuns gehad. Die een seun se naam was Peleg. In die tyd toe Peleg gelewe het, het hulle die land verdeel. Peleg se broer was Joktan.

26. Joktan was die pa van Almodad, Selef, Gasarmawet, Jerag,

27. Hadoram, Usal, Dikla,

28. Obal, Abimael, Skeba,

29. Ofir, Gawila en Jobab. Hulle was almal Joktan se nageslag.

30. Hulle het gewoon tussen Mesa en Sefar, in die berge in die ooste.

31. Sem was die voorvader van al hierdie mense. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword.

32. Dit is die nageslag van Noag se seuns. Hulle was die voorvaders van al die volke wat ná die watervloed oral op die aarde gaan woon het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 10