hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10

Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hier is ’n lys van die familiehoofde en hulle families wat saam met my gegaan het in die tyd toe Artasasta koning van Babel was:

2. Van die Pinehas-familie was daar Gersom, van die Itamar-familie was daar Daniël, van die Dawid-familie was daar Gattus

3. seun van Sekanja,van die Paros-familie was daar Sagaria, en saam met hom was daar 150 mans en seuns. Hulle name was in die lys van die families se name.

4. Van die Pagat-Moab-familie was daar Eljehoënai seun van Seragja, en saam met hom 200 mans en seuns.

5. Van die Sattu-familie was daar Sekanja seun van Jagasiël, en saam met hom 300 mans en seuns.

6. Van die Adin-familie was daar Ebed seun van Jonatan, en saam met hom 50 mans en seuns.

7. Van die Elim-familie was daar Jesaja seun van Atalja, en saam met hom 70 mans en seuns.

8. Van die Sefatja-familie was daar Sebadja seun van Migael, en saam met hom 80 mans en seuns.

9. Van die Joab-familie was daar Obadja seun van Jegiël, en saam met hom 218 mans en seuns.

10. Van die Bani-familie was daar Selomit seun van Josifja, en saam met hom 160 mans en seuns.

11. Van die Bebai-familie was daar Sagaria seun van Bebai, en saam met hom 28 mans en seuns.

12. Van die Asgad-familie was daar Joganan seun van Katan, en saam met hom 110 mans en seuns.

13. Van die Adonikam-familie het Elifelet, Jeïel en Semaja laaste gekom, en saam met hulle was daar 60 mans en seuns.

14. Van die Bigwai-familie was daar Utai en Sabud, en saam met hulle 70 mans en seuns.

15. Ek het hulle laat bymekaarkom by die rivier wat na die stad Ahawa vloei. Ons het daar drie dae lank in tente gebly, en toe ek kyk wie van die volk en die priesters daar was, het ek gesien daar is nie Leviete nie.

16. Toe het ek die hoofde gestuur. Hulle was Eliëser, Ariël, Semaja, Elnatan, Jarib, Elnatan, Natan, Sagaria en Mesullam, en die onderwysers Jojarib en Elnatan.

17. Ek het hulle gestuur om vir Iddo ’n boodskap te bring. Hy was die leier in die stad Kasifja, ’n plek waar Leviete en tempel-slawe gewoon het. Ek het vir hulle gesê wat hulle moet sê vir Iddo en die ander tempel-slawe in Kasifja. Hulle moes vir hom vra om vir ons werkers te stuur vir die tempel van ons God.

18. Ons God was goed vir ons, want hulle het vir ons ’n verstandige man gestuur van die familie van Magli seun van Levi seun van Jakob. Die man was Serebja, en hulle het ook 18 van sy seuns en broers gestuur,

19. en ook vir Gasabja. Saam met hom was Jesaja van die Merari-familie, en 20 van sy broers en seuns.

20. Daar was ook 220 mans en seuns van die families van die tempel-slawe wat Dawid en die amptenare gegee het om vir die Leviete te werk. Hulle name is almal in die lys van die families se name geskryf.

21. Ek het daar by die Ahawa-rivier gesê dat ons moet vas, want ons moet ons voor God verneder en bid dat Hy dit goed sal laat gaan met ons en ons families en alles wat ons het.

22. Ek was skaam om vir die koning ’n leër en manne op perde te vra om ons te beskerm teen vyande op die pad. Ons het vir die koning gesê: “Ons God is goed vir almal wat Hom dien, maar Hy word kwaad vir almal wat weggaan van Hom, en Hy straf hulle.”

23. Daarom het ons gevas en gebid dat ons God ons moet beskerm, en Hy hét dit gedoen.

24. Ek het twaalf priesterleiers geroep. Dit was Serebja en Gasabja en tien ander leiers.

25. Ek het die silwer en die goud en die ander goed vir hulle geweeg. Dit was die presente wat die koning en sy raadgewers en sy amptenare en al die Israeliete wat daar was, vir die tempel van ons God gegee het.

26. Ek het dit geweeg en vir hulle gegee. Daar was 650 talente silwer, 100 talente silwergoed, 100 talente goud

27. en 20 goue bekers. Die bekers het 1 000 darieke geweeg. Daar was ook twee blink stukke brons, dit was so kosbaar soos goud.

28. Ek het vir die priesterleiers gesê: “Julle is gewy aan die Here, en die goed is gewy, en die silwer en goud is presente vir die Here, die God van julle voorvaders.

29. Julle moet dit oppas en hou totdat julle dit weeg in die kamers by die tempel. Julle moet dit weeg waar die priesterleiers en die Leviete en die familieleiers van die Israeliete dit sien.”

30. Die priesters en die Leviete het toe die silwer en die goud en die goed geneem wat ek vir hulle geweeg en gegee het om na Jerusalem te bring, na die tempel van ons God.

Hulle gaan terug na Jerusalem

31. Ons het weggegaan van die Ahawa-rivier op die twaalfde dag van die eerste maand. Ons wou na Jerusalem gaan. Ons God was by ons, Hy het ons beskerm teen vyande en diewe op die pad.

32. Ons het in Jerusalem gekom en ons het drie dae lank daar gebly.

33. Op die vierde dag het die priesterleiers die silwer en die goud en die goed geweeg in die tempel van ons God en hulle het dit vir die priester Meremot seun van Urija gegee. Eleasar seun van Pinehas was by hom, en die Leviete Josabad seun van Jesua en Noadja seun van Binnuï was ook daar.

34. Hulle het die goed getel en geweeg en hulle het opgeskryf hoeveel dit is.

35. Die mense wat gevangenes in Babel was en wat teruggekom het, het daardie tyd brand-offers gebring vir die God van Israel. Dit was twaalf bulle vir al die stamme van Israel, 96 skaap-ramme en 77 lammers. Hulle het ook twaalf bok-ramme gebring om ’n sonde-offer te wees. Alles was brand-offers vir die Here.

36. Die koning het alles wat hy besluit het, in briewe geskryf. Hulle het die briewe van die koning vir die hoof-amptenare en die goewerneurs van die provinsie Wes-Eufraat gegee, en hierdie amptenare het gedoen wat hulle moes doen vir die volk en vir die tempel.