Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 3:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe die sewende maand begin, was die Israeliete in die stede. Maar toe het hulle almal bymekaargekom in Jerusalem.

2. Jesua seun van Josadak en die ander priesters, en Serubbabel seun van Sealtiël en die ander leiers het begin om die altaar van die God van Israel weer te bou. Hulle wou brand-offers op die altaar offer, hulle wou doen soos die Wette van Moses sê, Moses, die man van God.

3. Hulle was bang vir die ander volke in die land, maar hulle het die altaar gebou op die plek waar hy moet wees, en hulle het brand-offers op die altaar gebring vir die Here, die brand-offers in die oggend en die brand-offers in die aand.

4. Hulle het die Hutte-fees gevier soos die wette gesê het. Hulle het elke dag al die brand-offers gebring wat hulle moes bring.

5. Van toe af het hulle die brand-offers gebring wat hulle elke dag moes bring, ook die offers op die Nuwemaan-feeste en op die ander feeste van die Here, en die offers wat mense self besluit het om te bring.

Lees volledige hoofstuk Esra 3