Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 10:21-32 Bybel vir Almal (ABA)

21. Van die Garim-familie was daar Maäseja, Elia, Semaja, Jegiël en Usija.

22. Van die Pasgur-familie was daar Eljoënai, Maäseja, Ismael, Netanel, Josabad en Elasa.

23. Van die Leviete was daar Josabad en Simi en Kelaja, Petagja, Juda en Eliëser. Kelaja se ander naam was Kelita.

24. Van die mense wat sing, was daar Eljasib, en van die poortwagte was daar Sallum en Telem en Uri.

25. Ander Israeliete:Van die Paros-familie was daar Ramja, Jissija, Malkija, Mijamin, Elasar, Malkija en Benaja.

26. Van die Elam-familie was daar Mattanja, Sagaria, Jegiël, Abdi, Jeremot en Elia.

27. Van die Sattu-familie was daar Eljoënai, Eljasib, Mattanja, Jeremot, Sabad en Asisa.

28. Van die Bebai-familie was daar Joganan, Sabbi en Atlai.

29. Van die Bani-familie was daar Mesullam, Malluk, Adaja, Jasub, Seal en Jeremot.

30. Van die Pagat-Moab-familie was daar Adna, Kelal, Semaja, Maäseja, Mattanja, Besaleël, Binnuï en Manasse.

31. Van die Garim-familie was daar Eliëser, Jissija, Malkija, Semaja, Simeon,

32. Benjamin, Malluk en Semarja.

Lees volledige hoofstuk Esra 10