Die regeerder kan ook ’n vrywillige offer bring. Dit kan ’n brand-offer of ’n ete-offer vir die Here wees. Hulle moet dan die oos-poort oopmaak vir hom, en hy moet sy brand-offer of sy ete-offer bring soos op die Sabbatdag. Daarna moet hy uitgaan, en hulle moet die poort sluit nadat hy uitgegaan het.