Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 44:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die man het my teruggeneem na die buitenste poort van die gewyde plek, die poort wat by die oostekant is. Die poort was toe.

2. Die Here het vir my gesê: “Hierdie poort moet toe bly. Niemand mag dit oopmaak en daardeur gaan nie, want die God van Israel, die Here, het daardeur gegaan. Dit moet toe bly.

3. Net die regeerder mag daar sit en hy mag daar eet, daar voor die Here. Hy mag dit doen omdat hy die regeerder is. Hy moet deur die voorportaal in die poort ingaan en hy moet weer daar uitgaan.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 44