Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 30:7-14 Bybel vir Almal (ABA)

7. “Egipte sal ’n land word soos ander lande waar niemand kan woon nie, en sy stede sal wees soos ander stede wat net hope klippe is.

8. Die Egiptenaars sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek Egipte laat brand en wanneer almal sterf wat vir hulle gehelp het.

9. Die mense van Kus dink hulle is veilig, maar daardie dag sal Ek boodskappers in skepe stuur om hulle te laat skrik. Hulle sal bang word wanneer die dag kom wanneer Ek Egipte sal straf. Want dít moet almal weet, daardie dag kom.”

10. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal vir koning Nebukadnesar van Babel gebruik om Egipte se soldate almal te laat sterf.

11. Ek sal vir Nebukadnesar en sy mense bring om die land te verwoes. Hulle is wrede mense, hulle sal hulle swaarde uithaal om teen Egipte te veg en hulle sal die land vol dooie mense maak.

12. Ek sal die riviere droog laat word en Ek sal die land vir slegte mense gee sodat hulle kan doen wat hulle wil. Ek sal vreemde mense bring, hulle sal die land en alles wat daarin is, verwoes. Ek, die Here, het gepraat.”

13. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal die afgode laat verdwyn, Ek sal al die gode wegvat uit die stad Memfis, daardie gode beteken niks. Daar sal nie meer ’n koning in Egipte wees nie. Ek sal almal in Egipte bang laat word.

14. Ek sal die land Patros verwoes, Ek sal die stad Soan laat brand, Ek sal die mense van die stad No straf.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 30