Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:3-13 Bybel vir Almal (ABA)

3. Tirus is by die see en daardie mense koop en verkoop goed aan die volke van baie lande by die see. Jy moet vir Tirus sê:“Die Here, Hy wat Here is, sê:Tirus, jy het altyd gesê jy is’n mooi stad,so mooi soos die mooiste stad.

4. Jy regeer tot ver op die diep see,en die mense wat jou gebou het,het jou soos ’n mooi skip gemaak,so mooi soos die mooiste skip.

5. Hulle het jou twee kante gemaakvan sipreshout van die land Senir,hulle het ’n sederboomop die Libanon-berg gaan haalom vir jou ’n maspaal te maak,

6. hulle het jou roeispane gemaak van eikehout van Basan,hulle het jou dek gemaakvan sipreshout van die Kittiër-eilande,en hulle het stukkies ivoor ingesitin die dek.

7. Jou seile was van bont linne van Egipte.Die seile het vir ander skepegewys wie jy is.Jy het jou toegemaak met persen rooi wol-materiaalvan die Elisa-eilande.

8. Mense van die stede Sidon en Arwadhet jou geroei.Jy self, Tirus, het mense gehadwat die see geken het,hulle was jou matrose.

9. Leiers van die stad Gebal was die mensewat die plekke moes toemaakwaar water ingekom het,hulle kon dit goed doen.Al die skepe, en die mense op hulle,het na jou toe gekomom goed by jou te koopen om goed aan jou te verkoop.

10. Mense van die lande Paras, Luden Put was jou soldate.Hulle het hulle skildeen hulle helms in jou opgehang.Almal kon toe sien hoe belangrik jy is.

11. Jou soldate was op die mure rondom jou,by hulle was daar ook mannevan die stad Arwad,en op jou torings was daar mannevan die stad Gammad.Hulle het hulle klein ronde skildeopgehang teen jou mure.Dit het jou mooi gemaak,so mooi soos die mooiste stad.

12. Mense van die land Tarsishet vir jou goed gekoop en verkoop.Jy het baie goed gehad,hulle het dit geruil vir silwer, yster, tin en lood.

13. Mense van die lande Griekeland,Tubal en Mesekwas jou handelaars.Hulle het slawe en bronsgoedgeruil vir jou goed.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27