Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 27:26-34 Bybel vir Almal (ABA)

26. Jou manne wat jou geroei het,het jou ver in die diep see gebring,en daar het die sterk oostewindjou stukkend gebreekin die middel van die see.

27. Toe jy daardie dag sink,het alles saam met jou gesinkin die middel van die see:alles wat jy gehad heten wat jy geruil het, jou matrose,die manne wat die plekke moes toemaakwaar water ingekom het,jou handelaars, al jou soldate,al jou mense wat op jou was.

28. Die land het gebewetoe jou matrose begin skreeen vra dat iemand hulle moet help.

29. Al die manne wat roei,het afgeklim van hulle skepe,en die matrose het op die landgaan staan.

30. Hulle het hard begin skree oor jou,hulle het gehuil en gevradat iemand hulle moet help,hulle het stof op hulle koppe gegooien hulle het op die ashoop rondgerol.

31. Hulle het hulle koppe kaal geskeeroor jou en hulle het rouklere aangetrek,hulle was hartseer en hulle het gehuil oor jou.Hulle was baie hartseer.

32. Hulle het gehuil en het beginom ’n klaaglied te sing oor jou.Hulle het gesê:Wie is soos Tirus wat stil geword hetin die middel van die see?

33. Die handelaars het die goedwat jy geruil het,oor die see gebring,en toe het baie volke genoeg gehadom van te lewe, meer as genoeg.Jy het die konings van die aarderyk gemaak met jou baie goedwat jy geruil het.

34. Maar nou lê jy stukkendin die diep water,jou goed en al jou mense in jouhet saam gesink.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 27