Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 25:11-17 Bybel vir Almal (ABA)

11. Ek sal die Moabiete straf, en hulle sal weet dat Ek die Here is.”

12. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die Edomiete het baie slegte dinge gedoen aan die volk Juda. Die Edomiete is skuldig, hulle het slegte dinge gedoen aan die mense van Juda.

13. Daarom sal Ek my hand uitsteek teen die land Edom om die mense te straf, Ek sal mense en diere in die land laat sterf. Daar sal net hope klippe oorbly in die land, van die stad Teman tot by die stad Dedan. Die mense sal in oorlog sterf.

14. Ek sal my volk Israel gebruik om die Edomiete te straf. Ek is kwaad, en my volk sal in die land Edom doen wat Ek wil hê, Ek wil wys dat Ek kwaad is. Die Edomiete sal weet dat Ek hulle straf.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

15. Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die Filistyne het slegte dinge gedoen aan ander mense. Hulle het die ander mense altyd gehaat en hulle wou almal doodmaak.

16. Daarom sal Ek nou my hand teen die Filistyne uitsteek om hulle te straf. Ek sal hierdie Kreta-mense almal laat sterf en Ek sal almal laat verdwyn wat langs die see woon.

17. Ek is kwaad en Ek sal hulle baie swaar straf. Hulle sal weet dat Ek die Here is wanneer Ek hulle straf.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 25