Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 25:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek het gehoor die Here sê vir my:

2. “Mens, jy moet jou gesig na die Ammoniete toe draai en jy moet my boodskap teen hulle bring.

3. Jy moet vir die Ammoniete sê: Julle moet luister na wat die Here sê, Hy wat Here is. Die Here, Hy wat Here is, sê: Julle het lekker gekry toe die vyande my tempel ontwy het, toe hulle die land Israel verwoes het, en toe die volk Juda gevangenes geword het.

4. Daarom sal Ek nou die Oosmense laat wen teen julle en Ek sal hulle in julle land laat woon. Hulle sal hulle tente opslaan tussen julle en húlle sal julle vrugte eet en julle melk drink.

5. Ek sal die stad Rabba ’n veld maak waar kamele kan wei, en julle land sal ’n plek word waar skape en bokke kan lê. Julle sal weet dat Ek die Here is.”

6. Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Julle het julle hande geklap en julle voete gestamp en gewys hoe bly julle is, want julle haat die land Israel.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 25