Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 24:23-27 Bybel vir Almal (ABA)

23. Julle tulbande sal op julle koppe wees en julle skoene sal aan julle voete wees. Julle sal nie rou en huil nie. Julle sondes sal julle swak laat word, julle sal by mekaar sit en kla.

24. Esegiël sal vir julle ’n teken wees. Julle sal doen wat hy nou doen. Wanneer dit gebeur, dan sal julle weet dat Ek die Here is, Hy wat Here is.

25. En jy, mens, hulle dink die tempel beskerm hulle. Die tempel is vir hulle mooi en hulle is bly dat dit daar is, hulle is lief vir die tempel en dit maak die lewe vir hulle mooi. Maar Ek sal dit wegvat van hulle, en Ek sal ook hulle seuns en hulle dogters wegvat.

26. Wanneer Ek dit doen, dan sal iemand wat vry weggekom het uit Jerusalem, na jou toe kom en hy sal die slegte nuus vir jou vertel.

27. Daardie dag sal jy weer kan praat. Jy sal met die man praat en jy sal vir jou mense ’n teken wees, en hulle sal weet dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 24