Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 23:8-16 Bybel vir Almal (ABA)

8. Sy het in Egipte begin om by mans te slaap en sy het nie opgehou om dit te doen nie. Sy was nog jonk toe hulle by haar begin slaap het. Hulle het aan haar borste begin voel toe sy ’n jongmeisie was. Hulle het met haar gedoen wat hulle wou.

9. Sy was verlief op die Assiriërs, daarom het Ek haar vir hulle gegee.

10. Hulle het haar kaal uitgetrek, hulle het haar seuns en haar dogters gevat en hulle het haar toe doodgemaak. Hulle het haar so swaar gestraf dat ander vroue bang geword het wanneer hulle haar naam hoor.

11. “Haar suster Oholiba het gesien wat met haar gebeur het, maar Oholiba het nog meer verlief geword en sy was nog meer ontrou as haar suster.

12. Sy was verlief op die Assiriërs. Hulle was goewerneurs en hoofde wat naby haar was. Hulle het mooi klere gedra en hulle het op perde gery. Hulle was almal jongmanne, meisies het maklik verlief geword op hulle.

13. Ek het gesien dat Oholiba haarself onrein gemaak het. Sy het dieselfde dinge gedoen soos haar suster.

14. Oholiba het meer ontrou geword. Sy het prente van mans teen ’n muur gesien, prente van Galdeërs. Iemand het die prente geteken met rooi verf.

15. Elke man het ’n belt van lap om sy heupe gehad en ’n lang tulband op sy kop. Dit het gelyk of die mans offisiere is, hulle het gelyk soos Babiloniërs, soos Galdeërs wat kom uit hulle geboorteland.

16. Toe Oholiba die prente sien, het sy dadelik verlief geword op die Babiloniërs. Sy het boodskappers gestuur na hulle toe in Galdeër-land.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 23