Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 16:57-63 Bybel vir Almal (ABA)

57. dit was toe almal nog nie gesien het hoe sleg jy is nie. Die Arameërs en almal wat naby hulle woon, spot nou vir jou, en al die Filistyne wat rondom jou is, lag vir jou.

58. Dit is jou slegte lewe wat jou nou laat swaarkry, al die dinge wat jy gedoen het wat Ek haat.”Dit is wat die Here gesê het.

59. Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek doen met jou wat jy gedoen het. Jy het gemaak of dit nie saak maak dat Ek jou vervloek nie, jy het die verbond gebreek.

60. Maar Ek sal weer dink aan die verbond wat Ek met jou gemaak het toe jy jonk was en Ek sal weer ’n verbond maak met jou, ’n verbond wat altyd sal aanhou.

61. Ek sal jou ouer suster en jou jonger suster neem en Ek sal hulle vir jou gee om jou dogters te wees. Ek het dit nie belowe toe Ek ’n verbond met jou gemaak het nie, maar Ek sal dit doen. Dan sal jy onthou hoe jy gelewe het en jy sal skaam word.

62. Ek sal self weer my verbond maak met jou, en jy sal sê jy weet dat Ek die Here is.

63. Ek sal jou vergewe oor alles wat jy gedoen het. Dan sal jy dink aan wat jy gedoen het, en jy sal so skaam wees dat jy nie sal kan praat nie.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 16