Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 11:20-24 Bybel vir Almal (ABA)

20. Dan sal hulle lewe soos Ek sê en hulle sal doen wat Ek wil hê. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees.

21. Maar die mense wat aanhou om die slegte, lelike dinge te doen wat Ek haat, dit is vir húlle wat Ek sal straf oor wat hulle gedoen het.”Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.

22. Die gerubs het hulle vlerke opgetel, en die wiele was langs die gerubs. Die lig wat om die God van Israel is, was bokant die gerubs.

23. Die lig wat om die Here is, het in die lug opgegaan uit die stad en dit het bly staan op die berg oos van die stad.

24. Die Gees het my opgetel en Hy het my gebring na die land van die Galdeërs, na die Judeërs toe in Babel. Dit was alles dinge wat die Gees van God vir my gewys het. Hy het die dinge klaar vir my gewys.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 11