Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 6:16-29 Bybel vir Almal (ABA)

16. Gerson se seuns was Libni en Simi.

17. Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het 133 jaar oud geword.

18. Merari se seuns was Magli en Musi. Dit was Levi se nageslag.

19. Amram het getrou met Jogebed, sy tante, en hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword.

20. Jishar se seuns was Korag, Nefeg en Sikri.

21. Ussiël se seuns was Misael, Elsafan en Sitri.

22. Aäron het getrou met Eliseba. Sy was Amminadab se dogter en Nagson se suster. Aäron en Eliseba het vier seuns gehad: Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

23. Korag se seuns was Assir, Elkana en Abinadab. Dit was Korag se nageslag.

24. Aäron se seun Eleasar het getrou met ’n dogter van Putiël, en hulle het ’n seun gehad. Sy naam was Pinehas. Dit was die familiehoofde van die Leviete.

25. Hulle was Aäron en Moses se familie. Die Here het vir Aäron en Moses geroep en gesê hulle moet al die stamme van Israel uit Egipte bring.

26. Hulle het met die farao, die koning van Egipte, gaan praat. Hulle het vir hom gevra om die Israeliete uit Egipte te laat gaan.

27. Toe die Here in Egipte met Moses gepraat het,

28. het Hy vir Moses gesê: “Ek is die Here. Sê vir die farao, die koning van Egipte, wat Ek alles vir jou gesê het.”

29. Maar Moses het vir die Here gesê: “Ek praat moeilik. Die farao sal nie na my luister nie.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 6