Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:36-38 Bybel vir Almal (ABA)

36. Elke maal wanneer die wolk weggegaan het van die tempel-tent, dan het die Israeliete verder gegaan.

37. Maar wanneer die wolk oor die tempel-tent gebly het, dan het die mense nie verder gegaan nie. Hulle het daar gebly totdat die wolk weggegaan het.

38. Die wolk van die Here was in die dag oor die tempel-tent, en in die nag was dit ’n vuur. Al die Israeliete het dit gesien, oral waar hulle gegaan het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40