Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 40:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Jy moet die tempel-tent opslaan op die eerste dag van die eerste maand. Dit is die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn.

3. Jy moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, in die tent neersit, agter die gordyn.

4. Jy moet die tafel bring en alles regsit wat daarby moet wees. Jy moet ook die lampstaander bring en die lampe aansteek.

5. Jy moet die goue wierook-altaar voor die kis sit waarin die tien gebooie is en jy moet die gordyn ophang in die ingang van die tempel-tent.

6. Jy moet die brandoffer-altaar neersit voor die tempel-tent, die tent waar Ek aan julle verskyn.

7. Jy moet die was-skottel neersit tussen die tent waar Ek aan julle verskyn en hierdie altaar, en jy moet water in die was-skottel gooi.

8. Jy moet die oop stuk grond rondom die tent toemaak en jy moet die gordyn ophang by die ingang na die oop stuk grond.

9. “Jy moet die salf-olie neem en jy moet die tempel-tent daarmee salf. Salf ook alles wat daarin is. Wy die tent en alles wat daarby moet wees. Die tent sal dan gewy wees.

10. Salf ook die brandoffer-altaar en alles wat daarby moet wees. Jy moet die altaar wy, dan sal dit hoog-gewy wees.

11. “Jy moet die was-skottel en die voetstuk salf en dit ook wy.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 40