Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 39:6-20 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hulle het oniks reggemaak en hulle het die edelstene vasgesit in goud. Hulle het die name van Jakob se twaalf seuns op die edelstene geskryf soos ’n mens op ’n ring skryf.

7. Hulle het die oniks vasgesit aan die skouerbande van die skouer-kleed. Die edelstene het die Here laat dink aan die twaalf stamme van Israel. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.

8. Die kleremakers het ’n borssak gemaak op dieselfde manier as die skouer-kleed. Hulle het goud gebruik, en ook blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal.

9. Die borssak was vierkantig en dubbel gevou. Dit was ’n span lank en ’n span breed.

10. Hulle het vier rye edelstene op die borssak vasgesit:In die eerste ry was daar ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag.

11. In die tweede ry was daar ’n turkoois, ’n saffier en ’n jaspis.

12. In die derde ry was daar ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis.

13. In die vierde ry was daar ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n opaal. Hulle het die edelstene vasgesit in goud.

14. Daar was twaalf edelstene, een edelsteen vir elke seun van Jakob. Dit was ook die name van die twaalf stamme van Israel. Hulle het op elke edelsteen een van die name geskryf, soos ’n mens ’n naam op ’n ring skryf.

15. Die kleremakers het kettinkies van skoon goud vir die borssak gemaak, en hulle het die kettinkies gedraai soos ’n tou.

16. Hulle het twee kassies van goud gemaak en twee goue ringe. Hulle het die ringe vasgesit aan die twee boonste hoeke van die borssak.

17. Hulle het die twee goue kettinkies aan hierdie twee ringe vasgesit.

18. Hulle het die ander twee punte van die kettinkies vasgesit aan die twee kassies, en hulle het dit vasgewerk aan die skouerbande, aan die voorkant van die skouer-kleed.

19. Hulle het ook twee goue ringe gemaak en hulle het dit vasgewerk aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant van die skouer-kleed.

20. Die kleremakers het ook twee ander goue ringe gemaak en hulle het dit vasgesit voor aan die twee skouerbande van die skouer-kleed, net bokant die belt.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 39