Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 39:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Besaleël en die kleremakers het die gewyde klere vir Aäron gemaak soos die Here vir Moses gesê het. Hulle het die klere van blou, pers en rooi wol-materiaal gemaak. Aäron het dit gedra wanneer hy in die tempel gewerk het.

2. Die kleremakers het die skouer-kleed gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal.

3. Hulle het goud plat geslaan en hulle het dun drade daarvan gesny. Hulle het met hierdie goue drade geborduur op die blou, pers en rooi wol-materiaal en linne-materiaal.

4. Hulle het die voorste en agterste stukke van die skouer-kleed aan mekaar vasgemaak met twee skouerbande.

5. Hulle het die belt gemaak wat by die skouer-kleed gepas het, hulle het dit van dieselfde materiaal gemaak. Hulle het dit gemaak van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal, soos die Here vir Moses gesê het.

6. Hulle het oniks reggemaak en hulle het die edelstene vasgesit in goud. Hulle het die name van Jakob se twaalf seuns op die edelstene geskryf soos ’n mens op ’n ring skryf.

7. Hulle het die oniks vasgesit aan die skouerbande van die skouer-kleed. Die edelstene het die Here laat dink aan die twaalf stamme van Israel. Hulle het alles gedoen soos die Here vir Moses gesê het.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 39